Baie dankie vir n baie lekker tyd wat Ek en Marian so pas saam met C the world in Europa gehad het. Ons het elke land wat ons besoek het baie geniet. Daar was so baie goeie tye met so baie hoogte punte gewees. Elke dag het iets besonders positief opgelewer. Die hele toer was so saamgestel dat ons baie besig was, maar alles was goed gebalanseerd gewees soos vrye tyd en georganiseerde toere. Ons het so baie kere so lekker gelag. George was n great toerleier gewees. Hy het uit sy pad gegaan om ons almal ewe welkom te laat voel. Hy was altyd baie profesioneel gewees en n besonderse goeie beeld van C the World geskep. Hy het baie daartoe bygedra dat dit altyd vir ons n onvergeetlike vakansie sal wees. Alle voorspoed met al julle bedrywighede. -Europe August 2015