WoW!!! Wat ‘n belewenis was dit nie om saam met C’the world in Thailand te getoer het nie.
Alles was perfek! Vannaf die eerste kennismaking en vriendelike vewelkoming op die lughawe, tot die traan gevulde oë toe almal, almal vaarwel sè op die laaste dag terug huis toe. Ons harte was gevul met blydskap, want nie net het ons ‘n wonderlike tyd saam C’the world in Thailand gehad nie, maar pragtige mense ontmoet wat ons na die toer kan vriende noem en lank nog mee gaan kontak hou. C’the World se toergidse, Benno en Jacqueline het hul wonderlik van hul taak gekwyt. Altyd vol entosiasme en paraatskap, sou ‘n mens iets wou uitvind of weet oor Thailand en/of die toer. Hul het sowaar almal, op hul gemak laat voel, sodat jy net kan terug sit en jou droom vakansie kan geniet. Sonder enige bekommernisse oor enige vervoer tussen hotelle of eilande, enige spesiale reëlings of besprekings nie. 2015 se Thailand-trippie was ons 2de toer saam C’the world, en elke keer het hulle ons verbaas.