Wat ‘n wonderlike toer was die nou nie!! Die toer was goed geprys en ons het die meeste mooi plekke in Thailand gesien. Dit is verseker warmer in Thailand as in Suid Afrika so vat kortmou klere saam. Hotelle en verblyf het almal air cons in wat dit darem baie gemaklik maak om te slaap in die aand. Die ontbyt in die hotelle is baie goed en smaaklik. Die vervoer was iets anders veral die 3 wiel tuk-tuk waar mens agter op sit. Die kos is nie sleg nie bietjie spicy, mens moet net mooi lees as mens bestel dit word met chillie prentjies aangedui. As mens die local kos eet is dit baie goedkoop. Die toere wat gereel is vir ons, was baie goed gereel en mens sien regtig baie op hulle. Wat ons ook baie geniet van julle toere is die vrye tyd wat julle mens gee om te doen wat jy wil. Die Krabi en Phi-Phi eilande se boat cruises was seker die hoogtepunt van die toer, mens kan Thailand se mooi natuur en waterlewe eerstehands beleef. Sal verseker die toer vir enige iemand aanbeveel wat Thailand wil besoek.